Haastige Hond Verbrand Sy Mond | Legal Articles

Cape Town Legal Correspondents

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Debt Collections

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Civil Litigation

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Divorce & Family Law

Divorce & Family Law

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

 

Haastige Hond Verbrand Sy Mond

Dis die klassieke geval: Mandie ry 31 km/h oor die maksimum snelheidsperk in 'n poging om tred te hou met die res van die motors op die pad. Sy is onder die indruk dat sy bloot by die vloei van die verkeer hou toe sy skielik flitsende ligte in haar truspieël sien. Mandie aanvaar verkeersboetes as 'n “lewensfeit“ en beskou oortredings as die buig van reëls eerder as die pleeg van 'n misdaad.

Maande later arriveer die verkeerskennisgewing in die pos en Mandie berei haar voor vir 'n swaar boete. Sy is egter geskok wanneer die kennisgewing haar verwittig dat sy in die hof moet verskyn en dat sy strafregtelik vervolg word.

Mandie en die meeste ander Suid-Afrikaners is nie bekend met 'n wysiging aan Artikel 35 van die Wet op Nasionale Padverkeer wat in 2010 aangebring is nie, waarvolgens ‘n voertuigbestuurder strafregtelik vervolg kan word vir die oorskryding met meer as 30km/h van die maksimum snelheidsperk en dat die rybewys van iemand wat skuldig bevind word, opgeskort kan word. 

Hierdie bepaling kan ernstige gevolge hê vir baie padgebruikers. Nie net moet Mandie vir `n kriminele oortreding in die hof verskyn nie, maar bestaan die moontlikheid dat haar rybewys opgeskort kan word en dat sy boonop 'n kriminele rekord kan kry.

Artikel 35 van die Wet op Nasionale Padverkeer:

1. Die term “oorskry” in Artikel 35(1)(aA)(i) en (ii) verwys na 'n snelheid van 31 km/h of meer bo die voorgeskrewe spoedgrens in 'n stedelike area en 'n snelheid van 41km/h of meer bo die voorgeskrewe spoedgrens buite 'n stedelike gebied of op 'n deurpad. 

2. Indien jy op heterdaad betrap word wanneer jy een van hierdie oortredings begaan, sal jy in hegtenis geneem word. Dienooreenkomstig sal jy op borgtog vrygelaat word en aangemaan word om op ‘n vasgestelde datum en tyd in die hof te verskyn. 

3. Indien jy nie gestop is deur `n verkeersbeampte nie, sal jy 'n kennisgewing in die pos ontvang waarin jy verwittig word van ‘n dagvaarding waarin jy gelas word om in die hof te verskyn, welke dagvaarding op 'n latere stadium persoonlik op jou beteken sal word. 

Versuim om in die hof te verskyn ooreenkomstig die kriminele dagvaarding sal lei tot die uitreiking van 'n lasbrief vir jou arrestasie. Die Wet vereis dat 'n persoon skuldig bevind moet word aan ‘n beweerde oortreding voordat enige regsgevolge daaruit voortvloei. Aangesien 'n snelheid bo die snelheidsgrens soos hierbo aangedui as 'n kriminele oortreding beskou word, sal die staat bo redelike twyfel moet bewys dat die persoon skuldig is aan sodanige oortreding.

Die opskorting van jou rybewys vir die tydperk soos voorgeskryf in die Wet is nie 'n opsionele vereiste nie. Dit is 'n verpligte opskorting vir ‘n tydperk van ses maande in die geval van 'n eerste oortreding. Waar 'n persoon skuldig bevind word aan 'n tweede oortreding kan sy/haar rybewys opgeskort word vir 'n tydperk van tot vyf jaar en in die geval van die derde of daaropvolgende oortreding, vir tot soveel as tien jaar.

Hoewel baie geregtelike beamptes (landdroste) Artikel 35(3) wyd interpreteer wat betref die opskorting al dan nie van ‘n rybewys, beteken dit nie dat indien opskorting van jou rybewys nadelige gevolge vir jou sal inhou, jou rybewys nie opgeskort sal word nie.

Die eenvoudige beginsel geld: Spoed mag dramatiese gevolge vir jou inhou. Die dae van bloot net jou boete by die naaste verkeersdepartement betaal, is verby.

Comments

Got something to say? Join the discussion »

Leave a Reply

 [Quick Submit with Ctrl+Enter]

Remember my details
Notify me of followup comments via e-mail

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive