Hondebyt En Die Finansiele Risiko Vir Die Eienaar | Legal Articles

Cape Town Legal Correspondents

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Debt Collections

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Civil Litigation

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Divorce & Family Law

Divorce & Family Law

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

 

Hondebyt En Die Finansiele Risiko Vir Die Eienaar

Na aanleiding van ‘n redelike hoeveelheid hond byt sake wat ons ontvang het en wat in duur litigasie ontaard het, het ons besluit om die risiko’s aan die eienaars uit te wys, hoe aanspreeklikheid ontstaan en hoe om hierdie risiko te ondervang.

Attorney Cape Town

Regstappe Vir ‘n Hondebyt Saak

Wanneer ‘n persoon deur ‘n hond gebyt word, kan die beseerde persoon aksie instel teen die eienaar van die hond vir die verhaal van skade.

Skuld aan die kant van die eienaar is nie ‘n vereiste vir aanspreeklikheid om aanhangig gemaak te word teen die eienaar nie.

Indien daar aan die vereistes hieronder voldoen word, is dit nie vir die beseerde persoon nodig om enige skuld aan die kant van die eienaar te bewys nie.

Selfs al was die eienaar dus nie nalatig in enige opsig nie, kan hy/sy steeds aanspreeklik gehou word vir beserings of skade veroorsaak deur die hond.

As ‘n Hond Jou Byt, Wat Moet Bewys Word ten Einde met so ‘n Eis te Slaag?

Vir die beseerde persoon om te slaag met so ‘n eis moet die volgende bewys word:

  • Die persoon wat gedagvaar word, moes die eienaar van die dier gewees het toe die voorval plaasgevind het. Die blote feit dat ‘n persoon in beheer van ‘n dier was, is nie genoegsaam nie;
  • Die dier moet ‘n huishoudelike dier wees wat gevolglik enige wilde diere uitsluit;
  • Die beserings was veroorsaak in omstandighede waar die dier strydig met sy eie natuur opgetree het.

Die dier moes dus anders opgetree het as wat verwag kan word van ‘n goedopgeleide dier van daardie soort. Ons howe ag ‘n hond wat byt se optrede as strydig met sy aard.

Waar die hond egter deur ander faktore uitgelok of geterg word, word dit nie geag dat die hond strydig met sy natuur optree nie;

  • Die persoon wat beseer is, moet regmatig teenwoordig wees waar skade veroorsaak was. ‘n Persoon wat dus onregmatig ‘n perseel betree, behoort onder normale omstandighede nie met so ‘n aksie te slaag nie.

Hondebyt Verwere Beskikbaar vir die Eienaar van die Hond

Alhoewel skuld aan die kant van die eienaar van die hond nie ‘n vereiste is, is daar ‘n verskeidenheid verwere beskikbaar aan die eienaar in die geval van ’n eis vir skadevergoeding.

Die verwere sluit die volgende in:

  • Skuld aan die kant van die beseerde persoon. Byvoorbeeld die beseerde persoon het die dier geprovokeer deur hom te slaan, voorwerpe na hom te gooi of deur die dier te terg;
  • ‘n Derdeparty het die skade veroorsaak. Byvoorbeeld ‘n derde persoon provokeer die hond, maak die hond seer of terg die hond met die gevolg dat die hond die beseerde persoon aanval;
  • Provokasie deur ‘n ander dier. Byvoorbeeld waar ‘n ander hond die eienaar se hond aanval en die eienaar se hond dan die beseerde persoon aanval;
  • Toestemming tot benadeling. Waar die beseerde persoon uitdruklik of stilswyend deur sy/haar optrede toestem tot benadeling.

Dit sal byvoorbeeld die geval wees waar die persoon gebyt word, maar vooraf gewaarsku is teen die hond en waar die persoon byvoorbeeld verklaar dat hy/sy nie bang is nie.

‘n Hof behoort te bevind dat die persoon toegestem het tot moontlike benadeling en so ‘n aksie behoort nie te slaag nie.

 

Watter Skade kan Geëis Word vir ‘n Hondebyt?

Met ‘n hondebyt kan ‘n wye verskeidenheid skade van die eienaar geëis word, wat die volgende insluit:

  • onder meer pyn en lyding
  • verlies aan lewensgenietinge
  • ongeskiktheid en verminking
  • mediese uitgawes reeds aangegaan
  • toekomstige mediese uitgawes
  • verlies aan inkomste

Selfs ‘n persoon wat ‘n aanval op ‘n ander waarneem, kon emosionele trauma beleef het (mits dit bewys word) en kan dan van die eienaar van die dier skadevergoeding eis.

Dit is gevolglik belangrik vir die eienaar van ‘n hond om bewus te wees van die potensiële aanspreeklikhede vir die optrede van sy dier.

Die aanspreeklikheid kan ernstige finansiële gevolge inhou en eienaars moet voorsorg tref om hulle honde te beheer en veilig binne hulle eiendom te hou.

Korttermyn Versekering

Die meeste korttermyn versekeringspolisse maak voorsiening vir hierdie tipe aanspreeklikhede teen ‘n minimale koste.

Neem tyd om die dekking met jou makelaar en/of versekeraar te bespreek. Eise van dié aard kan astronomiese proporsies aanneem en jou versekeraar kan help om jou teen die risiko te beskerm.

Bailey Haynes - Prokureurs en Aktebesorgers in Kaapstad

Kontak ons ​​gerus vir regshulp in gevalle van hondebyt of vir meer inligting oor die implikasies van hondebyt vir die eienaar.

Comments

Got something to say? Join the discussion »

Leave a Reply

 [Quick Submit with Ctrl+Enter]

Remember my details
Notify me of followup comments via e-mail

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive