Die Benoeming Van N Eksekuteur In My Testament | Legal Articles

Cape Town Legal Correspondents

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Debt Collections

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Civil Litigation

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Divorce & Family Law

Divorce & Family Law

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

 

Die Benoeming Van N Eksekuteur In My Testament

Eksekuteurs fooi - hierdie is ‘n onderwerp waaroor al hoe meer besprekings en argumente plaasvind en dit is ook so dat individue meer ingelig raak oor wat die fooie is waarop die Eksekuteur van ‘n boedel geregtig is en hoe die fooie bereken word.

Eksekuteurs fooi

Eksekuteurs Fooi Verduidelik

Soos ons in vorige artikels melding gemaak het, word die maksimum vergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is deur wetgewing vasgestel.

Die huidige Eksekuteursvergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is, beloop tans 3.5% van die bruto boedelwaarde plus 14% BTW (indien die Eksekuteur natuurlik vir BTW geregistreer is).

Op die oog af blyk dit dat die vergoeding teen ‘n billike of selfs baie lae persentasie gehef word, maar kom ons illustreer dit met ‘n voorbeeld:

Kom ons veronderstel die bruto boedelwaarde beloop R2 miljoen. Neem kennis dat weens die drastiese stygings in die waarde van onroerende eiendomme oor die laaste paar jare, ‘n boedel met ‘n bruto waarde van R2 miljoen maklik haalbaar en baie realisties is indien u onroerende eiendom besit.

Vergoeding van Eksekuteurs Fooi

R2 miljoen x 3.5% = R70 000-00

Plus 14% BTW = R9 800-00

Totale Eksekuteursvergoeding = R79 800-00

Oordrag van Eiendom in Boedel – Laaste Wil en Testament

Laasgenoemde Eksekuteursvergoeding sluit nie enige ander administrasiekostes bv. oordragkostes van die onroerende eiendom of begrafniskostes in nie.

Dit is dus duidelik dat kostes om die administrasie van ‘n boedel met ‘n waarde van R2 miljoen af te handel maklik meer as R100 000 kan beloop.

Die gevolg is dat individue al hoe meer oorweging daaraan gee om die langslewende of ‘n ander familielid as Eksekuteur te benoem, met die veronderstelling dat die genomineerde Eksekuteur dan in ‘n posisie geplaas word om die Eksekuteursvergoeding met ‘n instelling te onderhandel, wat dan as die genomineerde Eksekuteur se agent sal optree.

Dit gebeur egter dat die genomineerde Eksekuteur (bv. die langslewende gade) nie deeglik ingelig word oor wat hy/sy te doen staan indien sy/haar gade te sterwe sou kom nie en gevolglik stel hy/sy die eerste agent aan wat sy/haar dienste aanbied, geen onderhandeling vind plaas nie en die agent hef dus maar nog steeds die volle tarief wat deur wetgewing vasgestel word.

Ons aanbeveling is dus die volgende:

  1. Benoem die langslewende of ‘n ander familielid as Eksekuteur van jou boedel, maar maak seker dat die benoemde Eksekuteur deeglik kennis dra dat hy/sy die Eksekuteursvergoeding met ‘n instelling kan onderhandel; of
  2. Indien jy voldoende vertroue in ‘n instelling het, benoem die instelling as Eksekuteur van jou boedel, maar onderhandel die Eksekuteursvergoeding voortydig en maak die ooreengekome tarief in die testament vas. Moet dit dus nie aan iemand anders oorlaat om na jou afsterwe oor Eksekuteursfoooie te onderhandel nie.

Bailey Haynes – Prokureurs en Eksekuteurs Kaapstad

Kontak ons prokureurs gerus vir kundige regshulp met u testament of om meer te wete te kom oor eksekuteurs fooi.

 

Comments

Got something to say? Join the discussion »

Leave a Reply

 [Quick Submit with Ctrl+Enter]

Remember my details
Notify me of followup comments via e-mail

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive